Jong stemme weerklink op die web; legendes word vereer

?Suid-Afrikaanse tale en letterkundes funksioneer dikwels in afsonderlike sfere. Skrywers, kritici en lesers van ?n spesifieke taalgroepering kom dikwels bymekaar om kulturele kwessies te bespreek, maar meestal tot die uitsluiting van ander tale.

?Young Voices bied ?n inklusiewe skrywersberaad wat die beste jong talent van al Suid-Afrika se amptelike landstale uitnooi om deel te neem. Die web bied ?n koste-effektiewe manier om kulturele bates te vier en vurige debatte te stimuleer. Die skrywersberaad kan ook wêreldwyd gevolg word en is nie beperk tot die vier mure van ?n konvensionele beraad nie, het Van Heerden gesê.

Nèlleke de Jager, uitgewer by Tafelberg, is die sameroeper van die beraad.

?Young Voices beloof om as barometer te dien van ons Suid-Afrikaanse samelewing “ hoe lyk die denkrigting van ons jonger generasie skrywers en waarheen is hulle op pad? het De Jager gesê.

Tussen een en twee nuwe bydraes sal elke weeksdag op LitNet verskyn. Lesers word deurgaans aangemoedig om per e-pos op die bydraes te reageer by nelleke@yebo.co.za.

Young Voices word ondersteun deur die Arts and Culture Trust, Human & Rousseau, Tafelberg-Uitgewers, Kwela Boeke en Absa. 

Terwyl daar met Young Voices spesifiek op die nuwe generasie gefokus word, bring die ABSA/LitNet Lewende Legende-reeks ook hulde aan die legendariese skrywers van ouds.

Ses Sestigers-skrywers is genader om elk op handgemaakte papier hul gunsteling skeppende skryfwerk in hul eie handskrif neer te pen. Die skrywers is Abraham H. de Vries, Elsa Joubert, Dolf van Niekerk, Hennie Aucamp, Chris Barnard en André P. Brink. Die skrywers maak almal gebruik van ?n Mont Blanc Classique, ter waarde van R 1800.

Lesers gaan vanaf Oktober die geleentheid kry om dié handgeskrewe versamelaarsitems aan te skaf deur middel van ?n aanlynveiling op LitNet. ?Ons bied lesers die geleentheid om ?n stuk geskiedenis te koop en te bewaar, het Etienne van Heerden, Uitvoerende redakteur van LitNet gesê. Soortgelyke reekse – onder meer die Tagtigers en Vroueskrywers “ gaan in die komende maande op LitNet opgeveil word.

1        Besoek www.litnet.co.za vir nader besonderhede.

mh

Recent

17 januari 2018

Rusland, mijn Rusland

12 januari 2018

Voelen met verstand

Literair Nederland - 10 jaar geleden

21 januari 2008

Een verhalendebuut
door Bernadet

Het blijft altijd lastig een verhalenbundel te bespreken hoewel door deze verhalenbundel een rode draad loopt. Op de flaptekst staat: De personages in deze verhalen treden elke dag de wereld monter tegemoet, om dan altijd weer te ontdekken dat het leven tegenstrijdige eisen stelt. De situaties waarin ze terechtkomen zijn verwarrend – tragisch voor hen, vaak hilarisch voor de lezer.

Lees meer